WINKEL
ons is ook ‘ n groot verskaffer van pakmateriaal vir die uitvoer van sowel gedroogte blomme as vars snyblomme . Kartonne , dekpapier en enige ander pakmateriaal wat hulle mag nodig kry , is in groot aanvraag en die blomboere in die omgewing weet dat ons hulle daarmee kan help . Ons verskaf ook verskillende tipes pakmateriaal aan ander bedrywe , insluitend SO ² -gasvelle wat in die verpakking van bloubessies gebruik word .”
Die winkel is neffens die hoofstraat geleë en is maklik bereikbaar met volop parkering voor en agter die gebou .
“ Daar is altyd een van ons personeellede by die deur om klante en voornemende kopers te verwelkom . En hierdie personeellid sal die klant na die rakke neem waar hy sy produkte kan uitsoek . Daar sal iemand anders verdere ondersteuning kan bied . Ek gee vir elke personeellid ‘ n verantwoordelikheid vir ’ n afdeling in die winkel en hulle moet sorg dat die rakke netjies bly en volledig bevoorraad is . En indien die klant dalk nie kry waarvoor hy of sy gesoek het nie , moet hulle toesien dat die klant wel die produk iewers kan kry ,” vertel Morné .
Agrimark Bredasdorp is tans besig met die finalisering van voorwaardes vir hul vuurwapenlisensie en die nuwe geweerafdeling in die winkel is reeds gereed . Daar is ‘ n wye verskeidenheid toebehore soos verkykers , herlaai-gereedskap ,
Klere in die gewilde en moderne Jonsson-reeks is van die winkel se voorste verkopers .
59 MARKtoe ! September 2023