WINKEL
“ Hondekos het inderwaarheid ons lewens verander ,” vertel Morné uit sy kantoor in die hartjie van Bredasdorp , skaars 40 km van die suidelikste punt van Afrika . “ Toe ek hier aangekom het , het ek begin deur ons hondekos teen afslagpryse te verkoop en het ‘ n reël gemaak dat geen klant self ‘ n sak hondekos uit die winkel mag dra nie . Vandag is dit algemene kennis dat ons pryse uiters mededingend is en dat ons altyd help om hierdie sakke vir klante te dra . Dit mag dalk beuselagtig klink , maar hierdie tipe klantediens lê aan die hart van ons onderneming ,” vertel hy .
Agrimark Bredasdorp is geheel
en al gefokus op klantediens en hulle bedien ‘ n verskeidenheid produsente oor ‘ n wye gebied wat strek van Bredasdorp tot naby Gansbaai , Caledon en Swellendam . Die grootste gros van hierdie produsente is skaap- en saaiboere , maar daar is ook vele ander , onder meer gemengde boerderye , wat by die winkel kom aanklop vir hul aankope . ‘ n Gewilde , groeiende bedryf in hierdie omgewing is die talle produsente wat Suid-Afrika se inheemse blomme kweek – veral fynbosspesies wat ‘ n verskeidenheid proteas insluit .
“ Ons verskaf nie alleen spuitmiddels en voedingstowwe vir die blommebedryf nie , maar
Die ruim winkel het genoeg spasie tussen die rakke om gemaklik inkopies te kan doen .
58 MARKtoe ! September 2023