WINKEL
AgrimArk BredAsdorp Aandag aan detail lei hier tot sukses
‘ n mens kan verwonderd staan as jy daaraan dink dat ‘ n eenvoudige produk soos hondekos daartoe kan bydra dat meer klante ‘ n winkel besoek . in die geval van Agrimark Bredasdorp het die verkoopspan besluit om hondekos goedkoper te verkoop en het daardeur al hoe meer mense na die winkel gelok .
Deur : Danie Keet | Fotografie : Michel dei-Cont , Jana Neethling & Robynne Lewis
Bo : Die personeel van Agrimark Bredasdorp is voor , van links na regs , Beaulyne Visagie , Andri de Villiers , Floreen Pietersen , Yolanda Fredericks , Palesa Stuurman , Vanessa Brecht , Lizaan Hopley , Wayne Adams , Delano Hopley en John Moos . Agter is Henk de Villiers , Morne van Heerden , Enwe Eksteen , Anro van den Meulen , Elfredo Moses , Jo-Wayne Arendorf , Andrew Damons en Gawie Erasmus . Links onder : Morné van Heerden , winkelbestuurder van Agrimark Bredasdorp . Regs onder : Agrimark Mechanisation verkoop , onderhou en diens nou ook TGB se vierwielmotorfietse .
57 MARKtoe ! September 2023