LANDBOU
pryse kunsmatig opgejaag omdat verskillende produsente dieselfde ramme wou koop . Vandag is dit anders en koop hulle op die geskiedenis en prestasie van die stoetramme . Nou tel die dinge wat saak maak , soos liggaamsbou en vrugbaarheid , die hele pakkie . Reproduksie en aanteling speel die grootste rol , want dit is wat jy wil hê ,” sê hy .
“ Ons kies ramme wat goeie lammers gee en lam die kudde een keer per jaar in verskillende groepe . Ons skeer elke 6 maande , wat dalk nie ideaal is nie , maar dit werk vir my omstandighede en ons verkoop nog altyd kort wol .
“ Ek is amper nou weer terug na basics met my benadering tot die boerdery . ‘ n Mens kan baie dinge probeer , maar as jy terugdink , besef jy die ou mense was dikwels nie verkeerd nie . Ek gebruik dit wat werk en wil nie te veel van die norm afwyk nie . Basiese wisselbou en goeie kwaliteit diere is die antwoord ,” volgens hom .
“ Die belangrikste van alles is om by te bly met ontwikkeling , ook tegnologie . As jy eers agter geraak het , gaan jy nie weer inhaal nie en dit kan rampspoedige gevolge hê . Jou implemente moet altyd in ‘ n goeie toestand gehou word en jy moet dit doelgerig vervang . Ek glo aan hoe groter hoe beter , veral vir ons styl van bewerking , maar dit moet deeglik beplan word en moet elke keer ‘ n verbetering van jou omstandighede tot gevolg hê ,” sluit hy af .
56 MARKtoe ! September 2023