DIRK UYS - MERINO
LANDBOU
DIRK UYS - MERINO
Ons besoek nog een van die baanbreker-families in die Bredasdorp-omgewing : Dirk Uys van die plaas Merino . Dirk is ook een van die Uyse wat al geslagte lank op die plaas boer en wie se wortels diep in die landboubedryf gegrond is . Hy is een van die nasate van Dirk Cornelius Hermanus Uys wat die Minister van Landbou was . Die familie het dus diep spore in die Suid-Afrikaanse landbou getrap en doen dit vandag nog steeds met hul merinostoet wat heel gepas die naam Staatmaker-merino ’ s dra .
Wallies , Dirk se pa , is op die familieplaas Komarsekraal gebore en hy het hier kom boer , wat hulle die vierde geslag op die plaas maak . Komarsekraal is steeds in die familie se besit , alhoewel Dirk en sy gesin op Merino bly . Wallies ( 25 ), Dirk en Hannelie se seun wat na sy oupa vernoem is , boer saam met hulle op die plaas . Hulle het ook ‘ n dogter , Stephanie , wat op Moorreesburg skoolhou .
“ Belangrik met ons tipe boerdery is dat dat die grond voortdurend genoeg voedingstowwe kry , maar
Dirk in een van sy plaas se landerye . Hy en sy seun , Wallies , boer saam hier .
46 MARKtoe ! September 2023