MARKtoe! SEPTEMBER 2023 Uitgawe 108 | Page 45

LANDBOU

nie ,” sê hy . “ As die ooi byvoorbeeld 4 keer paar , 8 lammers gespeen het , maar een is dood en kon nie geweeg word nie , daal haar gemiddelde produksie . Dit kan soms parasiete se skuld wees , maar dan wonder jy hoekom ander lammers in die trop oorleef het en die vraag word gevra of die ooi nie ‘ n inherente defek het nie . As die ooi dan ook nog minder wol het , kan sy uitgefaseer word . As ons lammers voer , kan ons daagliks tot 350 g gewig byvoeg as hulle voergars kry . En as daar ’ n ooraanbod van moutgars is , sit ons dit ook deur die lammers en verkry ons op die ou end ʼn beter opbrengs ,” beaam hy .

“ Dit is egter belangrik om nie net vleis te boer nie . Wol bied ‘ n

belangrike inkomste en kan tussen R500 en R600 per skaap per jaar lewer . Ons skeer twee maal per jaar , in die middel van Januarie en dan gewoonlik weer van omtrent 2 tot 20 Julie . En ons konsentreer op skoonopbrengs van gemiddeld 65 % of meer ,” verduidelik Boeta .

Sy top drie uitdagings is chemikalieë , brandstof en vervangingskoste van sy implemente vir die saaigedeelte , en medisyne en voer vir die vee .

“ Jy moet altyd die somme maak en wetenskaplik probeer boer om te weet wat aangaan , want jy weet nie of dit gaan droog raak nie en wat as die mielies opraak en jy moet voer ? Jy moet vir enige gebeurlikheid gereed wees en altyd kophou ,” is sy uitgangspunt .

NOW AVAILABLE

AT YOUR NEAREST

Code : 679445 www . gedore . co . za