LANDBOU
Links : ‘ n Klompie ramme in ‘ n kamp naby die huis op Karsrivier . Döhne-ramme is Boeta se trots . Bo : Gehaltewol – dis waarvoor Boeta sy Döhne-stoet geteel het . Lengte , woldikte en eweredigheid in die skape se wol is vir hom belangrik .
1980 ’ s word dit meestal uit die Riviersonderend-skema en die Theewaterskloofdam verkry , in damme gestoor en dan verder gepomp . Met die inwerkingstelling van hierdie waterskemas kon hulle meer skape op die plaas aanhou , maar probleme met die instandhouding van die pyplyne en pompe , is voortdurend ‘ n probleem .
“ Ons het hier maar dieselfde uitdagings met ons skape en gesaaides as elders . Ons word deur ekonomiese omstandighede gedwing om meer intensief te boer . Dit beteken meer skape per hektaar , groter risiko van parasiete , stygende insetkoste en meer terugbetalings . Boonop moet jy genoeg water vir die diere hê ,” beduie hy .
“ Ek en Jurie het nou besluit om meer produktiewe ooie aan te hou .”
Hy verduidelik die ingewikkelde berekenings waarvolgens hulle die diere beoordeel en besluite neem .
“ Die ooie moet byvoorbeeld 50 kg se lammers per jaar kan speen . Die onproduktiewe ooie kan dan uitgefaseer word . Ons kan liewer minder ooie aanhou wat beter reproduseer en lammers beter speen .”
Hy gaan voort : “ Ons het die som gemaak : ons haal die beste 5 ooie uit wat 5 keer gepaar en 10 lammers gelewer het , tesame met ‘ n berekening van hoeveel lammers die ooi gespeen het teenoor die hoeveelheid kilogram vleis wat per hektaar geproduseer is . Die beste ooie het 5,4 lammers per jaar gespeen , het elke twee jaar lammers gekry en elke jaar gemiddeld 28 kg gespeen . Ons werk volgens indekse en die indeks moenie onder 90 gaan
44 MARKtoe ! September 2023