MARKtoe! SEPTEMBER 2023 Uitgawe 108 | Página 47

LANDBOU

dat dit ook kan rus as die siklusse voltooi is ,” vertel Dirk op ‘ n reënerig dag in die Overberg , terwyl hy oor sy plaas uitkyk . Die gesaaides staan kniehoog geil en groen op die landerye en die kanola se flets-geel steek sterk af teen die golwende groen heuwels . Op die ander lande wei die merino ’ s in troppe , sommige is onlangs geskeer , terwyl ander nog hul beurt afwag . Maar eers moet die reën verbygaan en ‘ n paar droë dae is nodig voor die wol afgeskeer kan word .

Ons gesels in een van die skeerhokke met sy moderne uitleg . Die skeerkampie se vloer is van plastiek met openinge wat toelaat dat mis en water deurval om verwyder te word wat skoner hokke

verseker . “ Ek het 1988 plaas toe gekom nadat ek eers op Bredasdorp skool gegaan het , my weermagdiensplig gedoen het en toe twee jaar op Elsenburg was . Wel , ek was daar , maar ek weet nie hoeveel ek geswot het nie ,” spot hy . “ Maar nou is ek hier .”

Hierdie deel van die Overberg is meestal bekend vir sy gemengde boerdery . Dirk saai klein grane wat sowat 50 % van sy produksiestelsels uitmaak , terwyl die ander 50 % toegewy is aan sy veeboerdery en in hierdie geval , die baie bekende Staatmaker-merinostoet .

“ Ons graanportefeulje bestaan hoofsaaklik uit koring , gars , kanola , hawer en lusern . In die vyfde jaar

Bo : Die heinings tussen landerye word met onkruiddoders gespuit om dit skoon van onkruid te hou . Regs : Die ingang na die plaas Merino waar Dirk met ‘ n merinostoet boer .
47 MARKtoe ! September 2023