LANDBOU
Hy gebruik eers sy stoetramme vir sy ooie voor die veiling en so kan hy sy kudde uitbrei sonder dat dit hom addisionele geld uit die sak jaag . Hy verkoop sy ooie ook jonk , van 2- , 4- , en 6-tand . Die produsente wat ramme by hom kom koop , soek uitsluitlik die beste teeldiere . “ Die Döhne-merino ’ s se eienskappe is gelykop – 50 / 50 tussen vleis en wol . Dit verander egter weens die daling in die wolpryse en vandag gaan dit byna 80 % oor die vleis en die res wol , maar dit het al so laag as 20 % vir die wol gegaan as die pryse erg gedaal het .
“ Ons werk op ‘ n produksie-indeks en dit moet nie hoër as 7,5 gaan nie . As ‘ n ooi byvoorbeeld 70 kg weeg en jy skeer 7 kg se wol af , moet die
indeks onder 7 wees , anders dra die ooi te veel en haar reproduksiesyfer gaan daal . Die gehalte van die wol word nie beïnvloed nie en dit bly gewoonlik op ‘ n spesifieke vlak . Die wol moet ook nie te veel follikels per sentimeter vel hê nie , anders daal die reproduksie van die ooi . Tog kry ‘ n mens ooie met baie wol wat goeie lammers gee . Oor die algemeen moet hierdie indeks egter nie 7,5 oorskry nie .”
Volgens Boeta dien die Döhneras ‘ n dubbele doel en skeer hulle bietjie minder as ‘ n merino , maar meer as die vleismerino . ‘ n Groot voordeel van Döhne is dat die ramme maklik ‘ n karkasgewig van tussen 22 kg en 25 kg kan haal , wat goeie geld kan lewer . Daarteenoor kan ‘ n Dorperlammetjie , as dit goed
Die ingang na die Weska Döhne-merinokudde op Karsrivier waar Boeta al sy lewe lank woon en boer . Daar word jaarliks hier ‘ n ramveiling gehou .
41 MARKtoe ! September 2023