LANDBOU
skape aanbetref , maar ek glo dit gaan weer draai . Die middelman vat maar steeds sy deel en vra soms tot R210 vir sy tjoppies . Maar sy kostes het ook gestyg en hy moet ook ’ n bestaan maak ,” sê Boeta .
“ Die graanbedryf is egter tans lekker op dreef , veral ná die goeie reën wat ons vanjaar gehad het . Laas jaar was maar taai en die reën was min . Graanboerdery is lekker , maar die risiko ’ s is hoog . In vergelyking daarmee bring skape ‘ n lekker inkomste , maar daar is ’ n plafon . Nou kan jy ongeveer R2 500 / ha wins maak , maar as dit droër was , maak jy dalk net R1 800 / ha ,” noem hy .
“ Wisselbou is ‘ n groot pluspunt vir ons boerdery en ons kan nie eintlik daarsonder nie . Ons pas nou deklaag-verbouing toe , haal lusern sowat 450 mm diep met ‘ n krapper uit , en ploeg dan die lusern om . Van Augustus tot Oktober word die onkruid eers doodgespuit en in Mei volgende jaar word koring daarop gesaai . Die volgende jaar kom gars , kanola , weer koring , dan weer gars , kanola en lusern aan die beurt .
Boeta se Döhne-stoet is al in 1974 deur sy pa begin en het dus ‘ n lang ontwikkelingsgeskiedenis . Daar is nou sowat 750 ooie in die kudde en daar word jaarliks in Julie ‘ n produksieveiling op die plaas gehou .
Links : Die graan lyk vanjaar besonders mooi in die Overberg en op Karsrivier waar Boeta Wessels boer . Regs : Jurie by twee van die stoetramme wat maklik ‘ n karkasgewig van tussen 22 kg en 25 kg haal .
40 MARKtoe ! September 2023