MARKtoe! SEPTEMBER 2023 Uitgawe 108 | Page 39

LANDBOU

twee dele het nie dieselfde geriewe gehad nie . My deel het byvoorbeeld drie store gehad en syne niks . Toe moes ons die besigheid eers uitbou , vir hom ‘ n stoor bou en implemente soos planters , trekkers en spuitpompe aankoop . Ná ʼn paar jaar kon ons elkeen ‘ n gemaklike bestaan uit ons eie grond voer ,” verduidelik hy .

“ Vandag beslaan Karsrivier 2 200 ha waarvan 1 100 ha onder kontantgewasse is met ongeveer 300 ha weiding vir ons skape . Die res is ou lande met lusern vir weiding en daar is ook stukke berggrond wat nie bewerk kan word nie . Ons huur ook grond by , hoofsaaklik vir ons beeste . Ons hou ook vleisbeeste aan en het sowat 80

Sussex ’ e op die plaas wat ons huur ,” vertel Boeta .

Oor die stand van die bedryf is hy baie ernstig . Hy sê mense wil nou minder skape aanhou omdat skaapvleispryse baie laag is , maar in die winkels is dit te duur vir die gewone verbruiker . Hy meen dat hulle nie meer maklik skaap vir R80 per kg kan produseer nie . ” Ek weet nie hoe die mark gaan aanpas nie – mense gaan tog nie ophou om te braai nie ,” wonder hy .

“ Die insetkoste het die afgelope 4 of 5 jaar gestyg van ongeveer R85 / kg tot naby R100 / kg . Ons insetkoste vermeerder net – kunsmis , krag en diesel is duurder . Alles gaan op , maar die wolprys styg glad nie . Ons is bietjie onder druk wat die

Boeta gebruik ook ‘ n skaaphond om hom met die aankeer van sy skape by te staan .
39 MARKtoe ! September 2023