LANDBOU
lammers af .”
Kleiheuwel se saaigedeelte is volgens Andre maar soos baie ander – hulle saai ongeveer 300 ha hawer , koring , gars en korog , maar plant nie eintlik meer kanola nie . Daarby het hulle ‘ n bestuursooreenkoms vir gesamentlike bewaringspraktyke met Cape Nature aangegaan om onder meer die Erica albertini , wat net hier voorkom , te bewaar . ‘ n Besonderse voëlspesie , die European Whinchat , is ook al hier opgemerk . Dit het ‘ n konsternasie onder voëlkykers veroorsaak . Party mense het van Durban af gekom om die voëltjie , wat so groot soos ‘ n mossie is , hier te kom kyk . En daar was net een van hulle .
Kleiheuwel het ‘ n ryke geskiedenis en hier kan mens sien dat ‘ n liefde vir skape en wolproduksie werklik ‘ n hartsaak is . Dit is waaroor die lewe hier gaan . In die groot ou plaashuis kry ‘ n mens die gevoel van vergange se dae , veral as jy na die staanhorlosie kyk wat uit 1740 dateer en in die 1800 ’ s saam met die Albertynvoorouers hierheen gekom het . ‘ n Lang en diepgewortelde erfenis in die Overberg – en een wat waarskynlik nog lank gaan bly voortleef .
Die wol word in hierdie baalpers saamgepers . Groot sorg word geneem om geen nat wol hierin te verpak nie .
36 MARKtoe ! September 2023