MARKtoe! SEPTEMBER 2023 Uitgawe 108 | Page 37

BOETA WESSELS - KARSRIVIER
LANDBOU

BOETA WESSELS - KARSRIVIER

Dit is bedrywig in die plaashuis van Boeta Wessels . Hier is altyd iets aan die gang en Boeta kom haastig sit , skop sy modderige waterstewels uit en trek gewone plaasskoene aan .

Hy haal diep asem en val sommer met die deur in die huis .

“ Die risiko van boerdery raak net al hoe erger ; ek weet soms nie meer nie . ‘ n Mens moet meer grond kry , maar dis skaars . En as dit beskikbaar word , is dit te duur . Jy kan dit nie uitboer nie ,” sê hy .

Boeta vertel dat hy en sy broer , Kosie , saam met hul pa , Jurie , geboer het . Toe Jurie oorlede is , het hy en sy broer van 1992 tot 2011 saam geboer , en dit het goed gewerk .

Boeta het sy laerskoolloopbaan op Bredasdorp voltooi en is toe na die Hoër Landbouskool Boland , daarna vir diensplig en toe vir twee jaar Elsenburg-landboukollege toe . Buiten Jurie , Boeta se seun , het hy en sy vrou , Celia , nog twee dogters , Cara , wat BCom Bestuursrekeningkunde gestudeer het en nou by ‘ n vrugtemaatskappy werk , en Suzanne , wat tans Arbeidsterapie studeer . Jurie het BCom Landbou-ekonomie geswot .

“ Toe ons begin boer het , kon ons grond bykoop om ‘ n lekker ekonomies-werkbare eenheid te vorm . In 2011 het ons besluit om die plaas gelykop te verdeel , maar die

Boeta verdwyn byna tussen die kanola op Karsrivier . Hy is opgewonde oor die seisoen wat voorlê .
37 MARKtoe ! September 2023