MARKtoe! SEPTEMBER 2023 Uitgawe 108 | Page 35

LANDBOU

geskeer . Daarna val hulle by die 6- of 8-maande siklus in . Die wol word in bale van tussen 180 kg en 190 kg elk opgemaak en dan genommer en gemerk . Die klasser se nommer word ook op elke baal aangebring , tesame met ‘ n registrasienommer van die produsent . By die veilingslokaal word monsters uit elke baal getrek en ‘ n beskrywing word vir elke koper saamgestel sodat hy tydens die veiling presies weet waarvoor hy bie ,” verduidelik hy .

“ Ons wol is van die fynste in die land , hoofsaaklik omdat ons merino ’ s reg geteel word , ons die regte teelramme aanskaf en die kudde van die lamstadium af reg bestuur word . Ek koop nooit daardie heel duur ramme nie , want hulle doen maar dieselfde werk . Ons koop elke jaar so 15 ramme en gebruik sowat 60 deur die jaar om ons ooie te dek . Een ram kan omtrent 30 ooie diens . Een swak ram onder 2 000 lammers gaan nie veel skade doen nie en ons keur in elk geval die swak

Die goed geoefende skeerspan maak korte mette van ‘ n skaap se skeersel en kan tot soveel as 100 skape per dag per man skeer .
35 MARKtoe ! September 2023