MARKtoe! SEPTEMBER 2023 Uitgawe 108 | Page 32

LANDBOU

“ Ek weet hoe die wol moet lyk , hoe skoon dit moet wees , maar ek kyk ook na die kartels , dikte en die lengte van elke skeersel . Dan word dit in verskillende klasse gekategoriseer en afsonderlik gestoor . Klasse soos AA , B , C en DD het elk hul eie kenmerke , terwyl die dikte van die wol in mikron gemeet word . Dit kan nie met die blote oog gesien word nie , maar met die jare leer mens dit uitken . Jy kan die wollengte ook aan die lengte van jou vingers meet ,” en hy wys hoe hy ‘ n vag op sy ringvinger meet om die klaslengte te bepaal . Mens kan sien dat hy nie sommer ‘ n fout sal maak nie en dat die jare langs die sorteertafel hom hierdie fyn kunsie geleer het .

“ Ons skeer vanjaar sowat 6 000 skape waarvan 1 500 teelooie is , 2 000 lammers en ongeveer 2 000 hamels .”

In die sorteerproses word die verskillende dele van die skaap se wol verdeel – die penswol , gesig- en sweetstukkies word afgesny en die broek , die agterste deel om die boude , word skoongemaak en gesorteer . Alles word gebaal en verkoop en niks word vermors nie . In Gqeberha word monsters getrek en deurgegaan vir vuiligheid soos saadjies en

Links : ‘ n Ou gebruikte nommerplaat dien as besem om die wol op die grond bymekaar te vee , want besemborsels haak net aan alles vas ! Onder : Philip Duminy van Albertinia se skeerspan werk op Kleiheuwel . Hy word bygestaan deur ‘ n span van ses skeerders en die klasser Michael Lipaolo .
32 MARKtoe ! September 2023