LANDBOU
plantmateriaal . Die wol word gewas en geweeg om die “ skoonopbrengs ” te bepaal . Lengte , dikte , die kartels in die vag , en die fynheid bepaal die algemene kwaliteit . Hulle probeer om dit onder 19 mikron te hou , maar die meeste van hul wol word as fynwol geklassifiseer . Kleiheuwel produseer tussen 20 en 28 t wol per jaar .
“ Ons was ook een van die eerste wolprodusente in die land wat die internasionale Responsible Wool Standard-sertifisering gekry het en wat naspoorbaarheid van elke skeersel moontlik maak . Dit dui aan dat ons die standaarde vir etiese en regverdige boerderypraktyke tydens ons hele produksieproses handhaaf . Suid-Afrika is reeds die grootste produseerder van gesertifiseerde wol in die wêreld . Klerevervaardigers soos Gucci en Calvin Klein gebruik net gesertifiseerde wol .”
Andre vertel dat die weeklikse wolveilings in Gqeberha iets is om te beleef en dat hy probeer om elke keer daar te wees wanneer sy wol onder die hamer kom .
“ Ek besoek ook al die kopers en gesels met hulle oor my skeersels – waar dit vandaan kom , wanneer die skape geskeer is en die algemene gehalte daarvan . Dit help om hulle op my produkte te laat fokus en hopelik goeie pryse te beding .
“ Ons skeer die ooie twee maal per jaar , in Februarie en weer in Augustus . Die hamels word op 8 maande geskeer . Lammers word vir die eerste keer op 9 maande
Kleiheuwel se werkers is , van links : Alfred Matiwane , Andrew Adendorf , Stoffel Bantom , Martin Witbooi , Anje van Deventer , Jonas Saaiman en Erick Saaiman saam met die eienaar , Andre .
33 MARKtoe ! September 2023