LANDBOU
vertel die interessante geskiedenis van hoe merino ’ s in Suid-Afrika beland het en dat hulle oorspronklik uit Spanje kom .
“ Die Spaanse koning het 4 merino-ooie en 2 ramme aan die Nederlandse koning geskenk , maar Holland was nie die regte plek nie omdat dit te nat was . Jan van Riebeeck kry toe die skape wat toe op Zoetendalsvallei beland , kort duskant Bredasdorp , en dis hoe die Overberg die tuiste van die merino geword het . Die koning van Spanje toe begin kla , met die gevolg dat hy sy merino ’ s weer teruggekry het .” Kleiheuwel was oorspronklik deel van Zoetendalsvallei wat oor die jare opgedeel is . Pam se voorouers het hierdie stukkie grond geërf . Andre en sy familie is nou al die sesde geslag op die plaas en al die voorgangers het ook met merino ’ s geboer . Hulle is almal afstammelinge van die Albertyn- en Van Breda-families .
In die skeerhok word die wol deur die ervare skeerders op die sorteertafel oopgegooi en in verskillende kategorieë verdeel – of dan geklas . Philip se klasser , Michael Lipaolo , klas al 44 jaar wol en is ‘ n opgeleide en gesertifiseerde klasser met ‘ n Springbokkopkwalifikasie met sy eie nommer wat internasionaal erken word .
Links : Michael Lipaolo , Springbokkop-wolklasser , gooi ‘ n skeersel op die sorteertafel terwyl Philip Duminy van Albertinia toekyk dat dinge glad verloop . Regs : Op die sorteertafel word vuil stukkies van die kantwol afgesny en afsonderlik gekategoriseer .
31 MARKtoe ! September 2023