MARKtoe! SEPTEMBER 2023 Uitgawe 108 | Page 23

LANDBOU

“ Ons skeer twee maal per jaar in Februarie en Augustus en lam ook twee keer per jaar . Ramme word maar ingekoop om die trop te vergroot en die aanwas van gehaltediere te verseker . Die blomme het weer gewys hoe belangrik diversifikasie in die landbou deesdae is . Selfs met die gesaaides , want een jaar is ‘ n koringjaar en dan weer ‘ n garsjaar . En jou swakker gronde moet jy ook kan benut , soos wat ons nou met die blomme doen . Dan kan ons dalk oorleef ,” glo hy .

Bo : ‘ n Bloukraanvoël op een van Klein Sanddrift se landerye . Dié voëls is volop in die Overberg . Onder : AP het sy boerderybedrywighede gediversifiseer en boer met melkbeeste , skape en nou ook blomme wat onlangs aangeplant is .
23 MARKtoe ! September 2023