MARKtoe! SEPTEMBER 2023 Uitgawe 108 | Page 22

LANDBOU

bobbejane wat in die berg op die plaas bly en gereeld die melkstal plunder , seile van die kuilvoer oopskeur of aftrek , skade aan die graan en blomme veroorsaak en ook die huis se dak en stoep as speelplek gebruik , met gevolglike skade aan geute en veiligheidskameras .

“ Ek het heelwat uitvalgrond hier wat geskik is vir blomme en dit aard hier .”

“ Bosvarke het die laaste tyd ook hul opwagting gemaak en verskeur lammers , terwyl rooikatte en rondloperhonde ook hul tol op die skape eis ,” skud hy sy kop .

“ Oor die algemeen het insetkoste baie gestyg , kunsmis se prys het in twee jaar verdubbel en gif is met 40 % op . Gelukkig het die melkprys by Fair Cape effens opgegaan . Die voerpryse is ook tans effens laer , maar ons bly maar prysnemers en kan nie altyd ‘ n prys op iets sit nie . Die vestigingskoste van blomme draai by die R150 000 per hektaar , veral as jy dink een plantjie kos R16 en daar is ongeveer 200 van hulle in een ry . Ten minste weet ek nou waarvoor ek in is en ek kan op grond hiervan beplanning vir verdere uitbreiding doen . Maar ek wil eers sien wat die opbrengs van die eerste oes is voordat ons verder gaan ,” sê hy .

0 MARKtoe ! September 2023