MARKtoe! SEPTEMBER 2023 Uitgawe 108 | Page 19

LANDBOU

plante genoeg voeding en water deur die drupstelsel kry en ons spuit vir swamme . Hy sal dan in die somer die blomme kom sny wanneer hulle reg is .

“ Ek het heelwat uitvalgrond hier wat geskik is vir blomme en dit aard hier . Ons moet ook maar deesdae diversifiseer , veral omdat ons plaas nie so groot is nie . Ons moes iets probeer as uitbreiding van ons boerdery en ek kan nie rêrig meer skape aanhou nie . Ek het al te veel gehad en moet deurgaans die som maak . Met die melkery kan ons nog bietjie groei . Die uitvalgrond het egter daar gelê , toegegroei onder bossies en ek kon dit benut . Dit het heelwat grondvoorbereiding geverg . Ons moes skoonmaak , dit rip en sorg dat die gras uitgehaal is .

Ons probeer om die blomme skoon te hou deur dit op ‘ n walletjie te plant , bedek met plastiekseil .“

“ Bosvarke het die laaste tyd ook hul opwagting gemaak en verskeur lammers , terwyl rooikatte en rondloperhonde ook hul tol op die skape eis .”

Bredasdorp se dorpsdam op Klein Sanddrift is in 1996 klaar gebou , maar water daaruit is vir dorpsgebruik . Nie dat water ’ n probleem op die plaas is nie . Daar is genoeg bergwater en AP het nog twee ander damme waarin hy sy

AP beskou die proteaplante wat vanjaar vir die eerste keer hier aangeplant is . As alles goed verloop , beplan hy om hierdie deel van sy boerdery verder uit te brei .
19 MARKtoe ! September 2023