MARKtoe! SEPTEMBER 2023 Uitgawe 108 | Page 17

LANDBOU

“ Hierdie was een van die eerste plase in hierdie omgewing en van hier het die gemeenskap verdeel . Die een groep het ‘ n kerk op Bredasdorp begin en die ander ‘ n kerk op Napier .”

“ My pa , Jannie , het ‘ n paar stukke van die onderverdeelde grond by sy neefs gekoop en gekonsolideer om ‘ n meer bewerkbare eenheid te vorm ,” vertel AP in die sitkamer van hul huis op die plaas .

“ Ek was in die koshuis op Bredasdorp en het daarna vir landbou-opleiding na Saasveld gegaan voordat ek in 2000 plaas toe gekom het . Nou probeer ons net staande bly ,” glimlag hy .

Maar hulle melk darem nou al 160 Jerseys twee keer op ‘ n dag , saai talle landerye , plant mielies onder ‘ n spilpunt vir kuilvoer , boer met skape vir wol en vleis en het nou ook die veldblombedryf betree .

Die gesaaides bestaan hoofsaaklik uit koring , gars , kanola en hawer . Daarby laat pluk hulle al geruime tyd veldblomme in die berggrond agter die plaashuis , maar hulle het verlede jaar self die eerste hektaar proteas aangeplant .

“ Ek weet nie veel van die blombedryf af nie en leer maar soos ek aangaan . Gelukkig het ‘ n vooraanstaande blomkenner , wat ook die blomme vir my pa gepluk het , kom hand bysit en help hy baie . Hy het jare se ondervinding in hierdie bedryf en hy gee my die riglyne vir die aanplantings en dan doen ek die werk . Ons pas onkruidbeheer toe , sorg dat die

‘ n Jong protea-blom op Klein Sanddrift .
17 MARKtoe ! September 2023