LANDBOU
“ Hierdie was een van die eerste plase in hierdie omgewing en van hier het die gemeenskap verdeel . Die een groep het ‘ n kerk op Bredasdorp begin en die ander ‘ n kerk op Napier . Dit is waarskynlik waar hierdie verskillende gemeenskappe dan ontstaan het . Sedertdien is daar maar altyd ’ n verskil tussen die Bredasdorpers en Napierdorpers , maar goeie onderlinge verhoudinge is darem deur die jare gebou .”
Klein Sanddrift is nou AP en sy gesin se tuiste waar hulle hoofsaaklik met melkbeeste – 160 Jersey-koeie – skape en weiding boer . Hulle het ook onlangs begin om proteas aan te plant . “ Iets waarvan ek maar min weet maar waaroor ek elke dag baie leer ,” skerts AP as hy die 1 ha proteas wat onlangs gevestig is , uitwys .
Hy is baie trots op hierdie ontwikkeling en glo dat produsente in die huidige tyd moet diversifiseer om hul risiko ’ s te verminder .
Maar die storie het reeds in 1898 begin toe sy pa se oupagrootjie , ook Abraham Petrus , die plaas Uitsig geregistreer het . Dit was toe ‘ n gemengde boerdery met twee beeste en ‘ n paar skape en gesaaides . Die plaas was toe heelwat kleiner .
Bo : Een van die twee damme op die plaas wat water onder druk verskaf vir gebruik in onder meer die melkstal en die spilpunt . Onder : Op Klein Sanddrift word Jersey-koeie gemelk . Hawer , gars en mielies is onder die grane wat gesaai word .
16 MARKtoe ! September 2023