LANDBOU
Die indrukwekkende melkstal is duidelik sy trots . Hier word 1 600 Jersey-koeie elke dag gemelk en elke koei se produksie word individueel gemonitor en bestuur om maksimumopbrengs te verseker . Herman van Dyk verduidelik dat elke koei wat die stal binnekom ’ n magnetiese merker dra wat op ‘ n rekenaar registreer . ’ n Spesifieke hoeveelheid veranderlike voeding word dan aan die koei toegeken , ooreenkomstig met haar produksie , gewig en tyd wat sy reeds in melk is .
“ Maar die belangrikste van alles vir my is dat ons landbouers is en nie mynbouers nie . Ons wil nie net uit die grond haal nie , maar ons het ‘ n verantwoordelikheid om ook op die een of ander manier terug te sit .”
“ Dis ‘ ʼn baie intensiewe bestuurstelsel en Johan Heunis , ’ n data-analis en veevoedingskundige van Jeffreysbaai , monitor elke koei op ‘ n daaglikse basis . Hy maak dan aanbevelings oor die kombinasie van voeding wat die koei moet kry om maksimale melklewering te verseker . Die koeie beweeg op ‘ n roterende draaitafel terwyl hulle gemelk word en kry die toegewese veevoerkombinasie . Die draaitafel hanteer altesaam sestig koeie op ‘ n keer en dit duur net 8 minute vandat hulle opgeklim het totdat hulle klaar gevreet en gemelk is . Met die gespesifiseerde toediening kry elke koei ook ‘ n spesifieke , afsonderlike hoeveelheid vitamiene en minerale in ooreenstemming met haar ontledings ,” verduidelik Herman .
Die Jersey-kudde op Nuwedam is die spil waarom Hadre se besigheid draai en hy melk tans sowat 1 600 koeie per dag .
12 MARKtoe ! September 2023