LANDBOU
Saam met James Qwampi , wat al 22 jaar hier werk , bestuur Herman die melkstal en die stand van die koeie . James vertel dat hy sy liefde vir koeie by sy oupa geleer het toe hy in die Cradock-omgewing vee opgepas het . Nou ken hy feitlik elke koei , kan hy sien as hulle siek is en kan hy ook KI doen . “ Ek kan sien as hulle ongelukkig is , want as hulle nie herkou nie , weet jy daar is iets fout en dan kan ek die regte medisyne gee .”
Hadre sê dat hulle hierdie beginsel van gespesifiseerde toediening ook op hul gesaaides en grondvoorbereiding toepas en so spesifieke voedingstowwe op spesifieke landerye gebruik om nie alleen slimmer te boer nie , maar ook om die grond meer doelgerig te verbeter .
“ Vir my is boerdery en bewaring inmekaar gevleg en onlosmaaklik deel van mekaar . En dit is ons as landbouers se plig om toe te sien dat ons deur ons boerderypraktyke ook na die omgewing omsien .”
Bo : Ou plaasgereedskap op die plaas Haasvlakte word in ‘ n onthaallokaal uitgestal . Die Pratts boer al vir vier geslagte hier . Links onder : Die melkstal , met sy moderne draaitafel waarop die koeie staan as hulle gemelk word , word met rekenaars uit die beheerkamer bestuur . Regs onder : Jong verse word op ‘ n naburige plaas grootgemaak totdat hulle in die melk kom .
13 MARKtoe ! September 2023