3. Twee van die ou geboue op Groot Constantia word as restaurante bedryf. Veral oor naweke is dit stampvol met tot sowat 300 gaste.
Vandag nog is dié uitsonderlike plaas’ n bekende baken aan die voet van die oostelike kant van die Tafelbergreeks. Sowat 450 000 toeriste besoek jaarliks dié geskiedkundige, wêreldklas bestemming waar hulle tussen die wingerde kan stap,’ n toer deur die museum kan neem, die wynkelder kan besoek en topwyne proe, asook een van die twee restaurante op die plaas kan besoek.
Die hart van die plaas vandag
Floricius Beukes is reeds die afgelope bykans 15 jaar werksaam op die plaas as wingerdboukundige en algemene plaasbestuurder, waar hy ook in beheer is van die onderhoud en sekuriteit van die geskiedkundige geboue en paaie.
Hy en sy span van 13 permanente werkers en sowat 45 vroue( tot 85 werkers in seisoentyd) sorg dat die wingerde aan wêreldstandaarde voldoen ten einde topgehalte wyne te