MARKtoe! Oktober 2025 Uitgawe 131 | Page 84

HERLEWINGSLANDBOU
HERLEWINGSLANDBOU
10.

10. Dekgewasse groei tussen die wingerde en vorm’ n natuurlike beskermingslaag wat mikrobiese lewe bevorder.

Dit help om vog beter te behou, verminder erosie, en skep terselfdertyd’ n gesonde habitat vir voordelige insekte wat natuurlik help om peste te beheer. Die grond word ook minimaal bewerk, wat die mikrobiese lewe en grondstruktuur verder ondersteun.

“ Dekgewasse is nie nuut nie en is deel van die beginsels wat ons toepas. Die enigste verskil is dat ons nou meer mengsels gebruik – vir verskillende redes, insluitend die verbetering van grondvog en groter diversiteit in wortelsones. Ons oorweeg ook om diere in te skakel, moontlik skape, wat deur hul hoewe kan help om die grond te rehabiliteer. Dit moet egter versigtig hanteer en deeglik gemonitor word.”

84 MARKtoe! Oktober 2025