MARKtoe! Oktober 2025 Uitgawe 131 | Page 85

HERLEWINGSLANDBOU
HERLEWINGSLANDBOU

WOODLANDS DAIRY:’ N VOORLOPER IN WATER- HERWINNING EN ALTERNATIEWE ENERGIE

Waterbestuur is een van die kernkomponente van Woodlands Dairy se herlewingsinisiatiewe. Die maatskappy het een van die eerste grootskaalse waterherwinningsaanlegte in die Suid- Afrikaanse suiwelbedryf opgerig, waar proseswater herwin en hergebruik word.

Hierdie aanleg verwerk afvalwater deur’ n reeks natuurlike en tegniese stappe, insluitend biologiese behandeling en filtrasie, om skoon water te produseer wat vir besproeiing en ander doeleindes gebruik word. In 2024 het Woodlands’ n 3,38 % toename in totale waterverbruik gehad, maar hul waterintensiteit( liter water per liter melk) het effens toegeneem weens onderhoud aan die herwinningsaanleg.

11. Dennehoutskyfies dien as volhoubare brandstof vir die stoomketel.

11.
MARKtoe! Oktober 2025 85