MARKtoe! Oktober 2025 Uitgawe 131 | Page 83

HERLEWINGSLANDBOU
HERLEWINGSLANDBOU
9.

9. Henk van Graan wys die gesonde wortelstelsel van’ n Japanese mosterddekgewasplant.

Biochar dien as’ n mikrobe-vriendelike omgewing wat groot hoeveelhede water en voedingstowwe kan terughou. Dit sit ook koolstof terug in die grond, verbeter grondstruktuur, en help om die pH-vlak te herstel. Tans gebruik Nederburg ongeveer twee ton per hektaar in gebiede waar nuwe wingerde geplant word, en die resultate word noukeurig gemeet om veranderinge in grondgesondheid op te volg.

Dekgewasse vir grondbeskerming

In die wingerde word die gebruik van dekgewasse deurlopend ondersoek en verder uitgebou. Hoewel dit op sigself nie’ n nuwe praktyk is nie, word dit nou met ander doelwitte toegepas – spesifiek om die beginsel van’ n lewende deklaag te gebruik wat die invloed van chemiese toediening uitskakel.

In plaas daarvan om die dekgewasse af te sny, word dit platgerol sodat dit’ n beskermende laag oor die grond vorm.

MARKtoe! Oktober 2025 83