MARKtoe! Oktober 2025 Uitgawe 131 | Page 82

HERLEWINGSLANDBOU
HERLEWINGSLANDBOU

Die proses begin wanneer hitte deur’ n matige vuur opgewek word, waarna die gasse wat tydens die droogproses vrygestel word, weer gebruik word om die hittevlakke te handhaaf.’ n Verdere byproduk van die biochar wat in hierdie oond vervaardig word, is houtasyn. Houtasyn is reeds bewys as uitstekend vir grondbemesting, as natuurlike pesdoder, en as’ n stimulant vir plantegroei en groente- en vrugteproduksie.“ Vir ons lê die waarde daarin dat dit perfek aansluit by ons herlewingsprosesse, omdat dit omgewingsvriendelik is en chemiese produkte wat tradisioneel in die wingerde gebruik is, kan vervang,” verduidelik Henk.

Die biochar word gebruik as basis vir die vervaardiging van kompos, en daar word sorg gedra dat die regte stikstof- en koolstofverhouding binne die komposhope gehandhaaf word.“ Dit is belangrik dat elke werker die proses verstaan en weet waarom ons dit doen,” sê hy. Die kompos word in rye gestapel, en die gehalte word gereeld getoets om te verseker dat net die beste mengsels in die grond teruggesit word. Daar word veral gefokus op die diversiteit van swamme en bakterieë in hierdie mengsels.