MARKtoe! Oktober 2025 Uitgawe 131 | Page 81

HERLEWINGSLANDBOU
HERLEWINGSLANDBOU
8.

8. Growwe en fyn biochar wat op Nederburg vervaardig word, dien as koolstofryke grondverbeteraar wat mikrobiese lewe en vogretensie bevorder.

Hierdie biochar word daarna in die grond ingewerk om die kwaliteit van die grond te verbeter, water- en voedingstofretensie te verhoog, en plantgroei te bevorder, terwyl dit terselfdertyd die koolstofvoetspoor beperk. Biochar se fisiese en chemiese eienskappe wissel, afhangend van die tipe organiese materiaal wat gebruik word, maar dit is’ n veelsydige hulpmiddel wat’ n integrale deel van die komposteringsproses op die plaas vorm.

Die kompos word doelgerig saamgestel met die oog daarop dat swamme en bakterieë’ n sleutelrol in die proses speel. Hierdie mikro-organismes werk saam met die biochar in die grond, en hoe meer swamme daar teenwoordig is, hoe minder kans kry onkruid om te vestig.

’ n Spesiale oond is aangeskaf vir die vervaardiging van biochar. Dit bestaan uit’ n reuse-drom wat sowat 900 kg roumateriaal kan hanteer. Wanneer daar tussen 600 en 800 kg wingerdhout daarin verwerk word, lewer dit ongeveer 75 % van die aanvanklike gewig as suiwer koolstof. Harde houtsoorte kan selfs tot 80 – 90 % koolstof lewer.

MARKtoe! Oktober 2025 81