MARKtoe! Oktober 2025 Uitgawe 131 | Page 80

HERLEWINGSLANDBOU
HERLEWINGSLANDBOU

grondkompaktering, verhoog die grond se waterhouvermoë en is’ n eenvoudige proses wat slegs natuurlike bakterieë benut, en selfs munisipaliteite in die Wes-Kaap begin nou na hierdie stelsel kyk.

“ Ons gebruik die water ook in die tuine van die landgoed, aangesien daar geen E. coli-teenwoordigheid is nie, en kan dit selfs terugneem na die kelder vir sekere skoonmaakprosesse. Selfs die voëllewe rondom die damme het aansienlik toegeneem.”

Koolstof vir grond en waterretensie

’ n Verdere faset wat Henk in die herlewingsiklus geïmplementeer het, is die gebruik van biochar. Dit is’ n koolstofryke, swart materiaal wat vervaardig word deur organiese materiaal van die plaas – soos ongebruikte hout uit die kelder en oes- of snoeireste – by hoë temperature te verhit.

7.’ n Spesiale mobiele oond op Nederburg omskep snoeihout en ander organiese materiaal in biochar—’ n koolstofryke grondverbeteraar.

7.
80 MARKtoe! Oktober 2025