afvalstowwe af te breek. Ons kan tans sowat 45 000 m ³ water per jaar herwin vir hergebruik – genoeg om nog 20 ha wingerde onder besproeiing te plaas. Die proses is plaaslik ontwikkel en funksioneer sonder enige bykomende tegnologie of filters. Die water vloei bloot van die een dam na die volgende, en slegs natuurlike bakterieë word bygevoeg om afvalstowwe af te breek en te verwyder,” verduidelik sy.
“ Dit neem ongeveer drie weke vir die water om van die kelder tot in die vyfde dam te vloei. Gedurende hierdie tyd breek die bakterieë alle vastestowwe in die water af, wat dan uiteindelik na die bodem uitsak. Hoewel die proses koolsuurgas vrystel, is daar genoeg retensietyd in die damme om dit natuurlik te hanteer. Ons neem maandelikse waterontledings om die vordering te monitor, en die visuele verskil tussen die damme is duidelik sigbaar.”
“ Ons het reeds gesien dat hierdie water die gehalte van die druiwe en die grond verbeter, en dat die opbrengste hoër is – alles deur net natuurlike produkte en prosesse te gebruik,” vertel Isabel.
“ Die water kan slegs veilig en volhoubaar na die natuur teruggevoer word as ons met bakterieë werk – dis die natuurlike manier,” verduidelik sy verder.“ Ons het die stelsel in 2024 begin implementeer en gebruik 43 verskillende groepe bakterieë, wat ons in die vorm van molasse by die water voeg. Sodra die suikerinhoud met die water in aanraking kom, word dit geaktiveer en begin dit voortplant. Wanneer die water uiteindelik by die vyfde dam kom, is dit op die regte spesifikasievlak om vir besproeiing gebruik te word.”
“ Ons het reeds gesien dat water uit dam vyf die opbrengs met sowat 30 % in een van die blokke verbeter het, asook die gehalte van die druiwe,” vertel Isabel.“ Dit verminder