MARKtoe! Oktober 2025 Uitgawe 131 | Page 75

HERLEWINGSLANDBOU
HERLEWINGSLANDBOU

vir die grond te gee en minder daaruit te neem, en dit in’ n beter toestand te laat as waarin ons dit gekry het.

Dis eintlik’ n geval van‘ back to the future’— jy moet eers teruggaan om te herstel voordat jy vorentoe kan beweeg. Ons verstaan dat daar nie’ n enkele resep is nie; dit kan op verskillende maniere toegepas word, afhangende van faktore soos grondtipe en klimaat. By Nederburg is biodiversiteit die grondslag van hierdie beginsels,” het hy gesê.

Grondherlewing, die hergebruik van afvalwater, die vervaardiging en aanwending van kompos in die wingerde, asook die hervestiging van natuurlike plantegroei en die teruglok van insekte en voëls na die plaas, vorm alles deel van Nederburg se herlewingspraktyke.

Mikrobes en grondgesondheid vir sterker wingerde

Henk sê’ n groot deel van die herstelproses begin by suurstof-beskikbaarheid. Dit skep die ideale omgewing vir mikrobes om te floreer, en sodra’ n mens begin ondersoek instel na hul invloed, gaan daar’ n heel nuwe wêreld oop.

“ Jy kan eenvoudig nie sonder mikrobes boer nie,” verduidelik hy.“ Hulle voorsien die wingerdstokke van voedingstowwe. Waar daar nie genoeg grondlewe is nie, en die grond deur jarelange gebruik van chemiese middels verhard het, sukkel die wingerde. Wanneer die grond weer ryk word aan mikrobes, verbeter die struktuur, kan meer voedingstowwe die plante bereik, fotosinteer die blare beter, en vaar die plante oor die algemeen gesonder.”

Hy glo die oorgang na herlewingslandbou is’ n tydsame proses wat oor sowat drie jaar stapsgewys geïmplementeer moet word.“ Dit moet’ n geleidelike aanpassing wees – sonder enige skok-effek op die plante,” sê Henk.

MARKtoe! Oktober 2025 75