Mense wat lief is vir die buitelug, sal al die nodige kamptoerusting hier kry – ook tafels, stoele, koelhouers en dies meer. Skadunet kan per meter of in groter maat gekoop word. Agrimark Philippi het in hierdie eerste fase van vernuwing vier nuwe personeellede bygekry. Leon is baie opgewonde oor die lekker uitdaging om’ n groter winkel met meer voorraad en meer personeellede te bestuur.
“ Sommige Vrydae verkoop ons worsrolletjies en dit skep’ n lekker informele atmosfeer onder die personeel en klante. Ons hou ook gereeld ʼ’ n Super Saturday wat ook baie gewild is en wat verskaffers die geleentheid gee om hul produkte bekend te stel. Ander nuwe dinge waarna klante in die nuwe jaar kan uitsien, is’ n kiosk met vars koffie en lekkergoed,” sê Leon.
18. Deon Solomons is’ n vurkhyserdrywer, maar dié sterk man kan sommer maklik help om veevoersakke van 50 kg gelaai te kry. 19. Nadine Constance is een van die vriendelike kassiere.