17. Kyle O’ Shea is’ n algemene werker in die store waar hy klante help om voorraad soos houtplanke te kies en te laai.
Groot en klein maatskappye in die konstruksiebedryf besoek die winkel vir al hul boumateriaal soos sement, pale, staal en ander bougereedskap en toerusting.
Sarel Kruger,’ n konstruksiewerker wat die winkel gereeld besoek, is aan die woord:“ Ons kom van George af en is nuut in die Kaap. Ek werk vir’ n konstruksiemaatskappy wat hoofsaaklik huise in die omgewing bou en ek kom koop alles hier by Agrimark Philippi – van spykers en skroewe tot lappe en skoonmaakmateriaal en veel meer.”
Leon verduidelk verder:“ Ons het baie‘ langpad-klante’ wat hul brandstof by ons kom koop. Ons terrein is skoon, veilig en dit het ook genoeg spasie vir die vragmotors om te kan omdraai. Ek doen gereeld prysvergelykings met ander brandstofverskaffers om seker te maak dat ons pryse altyd kompeterend is. Ons voorsien skoon brandstof van hoë kwaliteit en dis hoekom klante by ons kom volmaak.”
Werksklere soos veiligheidstewels, oorpakke, warm baadjies en handskoene vir allerhande take word teen bekostigbare pryse aangebied.