Simon van der Stel, goewerneur van die Kaap, het reeds in 1685 geweet waar van die beste grond in die Kaap was toe die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie( VOC) vir hom toestemming gegee het om’ n stuk grond te gebruik. Hy het’ n sterk landbou-agtergrond gehad, en die VOC wou hom graag vir sy harde werk beloon.
Sy keuse: die plaas Groot Constantia( destyds net bekend as Constantia). Dit het een van die eerste wynplase in Suid- Afrika geword en is vandag die oudste wynproduserende plaas in die land.
Van der Stel was reeds bykans 350 jaar gelede byna een stap voor hedendaagse tegnologie toe hy grondprofiele gedoen en oorsee gestuur het vir ontleding. Hy wou seker maak dat
1. Floricius Beukes is al bykans 15 jaar lank die wingerdkundige en algemene plaasbestuurder by Groot Constantia.