LANDBOU
LANDBOU
Kaapstad se kosmandjie
Volhoubare landbou in Philippi, Noordhoek en Constantia
Woorde: Clivé Burger | Fotografie: Mia Truter
Kaapstad se landbou-areas, insluitend Philippi, Noordhoek en Constantia, vul die stad se kosmandjie deur diverse volhoubare praktyke, van stedelike groenteproduksie en blomkweek tot historiese wingerdbou. Philippi se vrugbare vlaktes lewer vars blaarprodukte vir plaaslike markte en ondersteun kleinvee en pluimvee-boerdery, Noordhoek ondersteun gemengde boerdery met vee, heuning en perde, en Constantia se wingerde produseer premium-wyne met dekgewasse en biologiese plaagbeheer. Hier floreer landbou te midde van ver-stedeliking, diefstal en toenemend duurder wordende insette.
6 MARKtoe! Oktober 2025