15. Klante kan hul veevoer vir skape, bokke, varke en pluimvee hier koop.
Agrimark Philippi is sentraal geleë in Olieboomweg tussen die lappieskombers van plase. Dis een van die oudste Agrimark-winkels in die land en hulle doen al sedert 1956 sake.
“ Ons sien onsself as vennote van die produsente wat Kaapstad se voedselvoorsiening moontlik maak,” sê Leon.“ Ons winkel is gewortel in hierdie gemeenskap, en ons neem ons rol ernstig op om almal hier te help floreer.”
Veeprodusente is dankbaar vir die winkel se groot reeks veemedisyne. Voer vir bokke, skape, varke, en pluimvee word ook in voorraad gehou. Sakke met 50 kg voer asook hooibale word in die netjiese stoor geberg en word vandaar op vragmotors of bakkies gelaai.
Daar is heelwat groenteboere in die omgewing en daarom word’ n groot verskeidenheid saad aangebied. Daar is ook blomsaad te kies en te keur vir geesdriftige tuiniers. Die afdeling met tuingereedskap is ook baie uitgebrei en verskillende bekende handelsmerke is beskikbaar. Kompos, kunsmis, potgrond en onkruid- en insekdoders is op die rakke te vind.