“ Die verbetering van ons winkel, meer voorraad en beter beskikbaarheid daarvan, is waarop ons fokus om ons bestaande klante te behou en nuwes by te kry. Ons probeer regtig om die ekstra myl vir ons klante te stap. Ons glo ook in goeie kommunikasie en hou ons klante graag op hoogte,” sê Leon.
Groter spasie vir meer voorraad
Die binnekant van die winkel is bykans heeltemal oorgedoen. Boonop spog hulle nou met meer spasie –’ n ekstra 300 vierkante meter! Die rakke is ook baie hoër met meer plek vir al die nuwe voorraad en produkreekse wat nou aangebied word.
11.
10. Kom, laat ons nou braai! Bianca Paul, verkoopsklerk, sal sorg dat elke braai lekker is en dat jy al die nodige braaitoerusting het. 11. Tuingereedskap, soos hierdie tuinslang, en ander toerusting, soos kraan- en pyptoebehore, is beskikbaar vir almal wat daarvan hou om met hul vingers in die grond te krap.