MARKtoe! Oktober 2025 Uitgawe 131 | Page 61

WINKEL
WINKEL

Agrimark Philippi lyk en ruik egter nie net splinternuut nie, dit is ook! Dié nuut verbeterde winkel is einde Augustus met groot fanfare vir die publiek heropen.

Leon Henn, takbestuurder, vertel dat hy en sy personeel ontsettend opgewonde oor die nuwe ruimte is. Maande se werskaf, bou en breek het nou plek gemaak vir’ n moderne gebou wat klante hartlik nooi om te kom besigheid doen. Hulle bedien’ n baie groot area wat van Philippi tot Noordhoek en Constantia strek en baie kleiner produsente van die Kaap se suidelike voorstede en metropool insluit. Sommige klante ry sowat 60 km heen en weer om die winkel weekliks te besoek omdat hulle die goeie diens waardeer.

2.’ n Groot verskeidenheid hondekos van bekende handelsname word in die winkel uitgestal.

2.

MARKtoe! Oktober 2025 61