MARKtoe! Oktober 2025 Uitgawe 131 | Page 57

LANDBOU
LANDBOU

Gelukkig het hulle geen probleme met Kaapse bobbejane nie, wat elders so’ n groot kopseer veroorsaak. Daar is wel tarentale en ystervarke wat skrop en gate grawe, asook rooikatte wat graag hul kalkoene vang.

Brian vertel hoe lekker dit is om nou by Agrimark Philippi inkopies te doen.“ Ons koop ons kruideniersware net hier af in die straat, maar ek ry elke Vrydag bykans 60 km heen en weer om al my plaasbenodigdhede soos veevoer, guano, diesel vir die trekkers en bakkies, besproeiingstoerusting en kunsmis daar te gaan koop. Ek is amper al’ n aandeelhouer, want ek koop alles daar,” spot hy.

Dié stukkie aarde is die plek waar Brian en Louise vir die res van hul lewens wil bly. Baie mense kom hier aan en sê hulle wil die plaas koop.

“ Sê net hoeveel geld julle wil hê,” het hulle al menige kere gehoor van mense wat bereid is om miljoene rande daarvoor te betaal.

7. Hier word tamatieplantjies en ertjies opgelei, en ander groente soos skorsies, patats en aartappels word ook verbou.

7.

MARKtoe! Oktober 2025 57