6. Die Dockes is groot diereliefhebbers en het sewe honde, waarvan verskeie uitreddingshonde is.
te verhuis. Louise moes egter vir’ n jaar agterbly, want sy was in die middel van haar skooljaar en het intussen in die koshuis gebly.“ Op 15-jarige ouderdom het ek al’ n tjekboek gehad. Dit was moeilike tye.”
Na skool het Louise’ n graad in chemie en plantkunde aan die Universiteit Stellenbosch verwerf. Brian het intussen saam met’ n vriend’ n groot tamatieboerdery bedryf.
Kabeldiefstal veroorsaak groot hoofbrekens
Op die plaas ondervind hulle heelwat probleme met diefstal, veral van kragkabels aan die onderpunt van die plaas wat gereeld gesteel word. Hulle het al alles probeer en duisende rande aan sekuriteit en kameras bestee, maar dit bly’ n hopelose saak. Die diewe is vlymskerp.