MARKtoe! Oktober 2025 Uitgawe 131 | Page 55

LANDBOU
LANDBOU

Louise, wat in Nairobi in Kenia gebore is en vir jare by die Tanganjika-meer gewoon het, het as jong meisie vir Brian in Noordhoek ontmoet.“ Ek het altyd hier rondgeloop op soek na perdemis— toe kry ek’ n vrou,” sê hy en lag lekker.

“ Ek het altyd hier rondgeloop op soek na perdemis— toe kry ek’ n vrou.”

Haar pa was’ n kommissaris in die polisie in Afrika en het ná sy aftrede na Engeland verhuis. Haar ma, oorspronklik van Kaapstad, het egter altyd na Suid-Afrika teruggehunker. Die grou, nat Engelse klimaat was eenvoudig nie vir haar nie.

Sy vertel dat haar ma in Engeland in die Daily Telegraph’ n advertensie oor swaeltjies gesien het wat in die somermaande na Suid-Afrika migreer. Sy het dit uitgeknip en teen die yskas geplak. Omdat haar pa tydens die oorlog in Eritrea tuberkulose opgedoen het, het hulle besluit om na Suid-Afrika

5. Avondrustvlei is waterryk, met vleilande en boorgate wat sterk water lewer.

5.

MARKtoe! Oktober 2025 55