4. Brian Docke bottel sy eie bloekomboomheuning uit sowat 40 korwe op die plaas, met’ n etiket wat gepas herinner aan die melkery wat die Dockes eertyds gehad het – Land of Milk and Honey.
Noordhoek is baie gewild onder perde-eienaars. Louise vertel dat dit een van die min areas is waar ruiters met hul perde toegang tot die strand het-’ n uitgestrekte oop strand wat oor sowat agt kilometer strek. Dit is ook’ n gunstelingplek vir stappers, vlieërbranderplankryers en fotograwe. Hulle het ook’ n varkboerdery en maak hul eie kompos op die plaas.
Bloekomheuning word gemaak
Brian is’ n entoesiastiese byeboer met 40 byekaste. Hy is baie lief daarvoor om heuning te produseer, wat dan op die plaas gebottel en aan plaaslike stalletjie-eienaars verkoop word.“ In 1989 het Louise altesaam 2 300 bloekombome op die plaas geplant,” vertel hy trots.
Brian het voorheen ander boere met bestuiwing gehelp, maar namate hy ouer geword het, het dit net te veel moeite geraak om die byekaste te laai en na verskillende plase te vervoer.