Die Dockes het vroeg al met’ n melkboerdery begin, met tussen 30 en 50 koeie. Dié boerdery het hulle vir 45 jaar lank bedryf. Louise het self 365 dae van die jaar haar Holstein-, Ayrshire- en Jersey-koeie gemelk.
Louise,’ n vrou wie se hande vir niks verkeerd staan nie, het saam met die werkers die melkstal gebou. Dit was waar hul huis vandag staan.“ Sy het’ n baksteenleggerkursus gevolg en geleer om te bou. Ons het dit gebou met tweedehandse materiaal en’ n aanwysingsboekie in die hand,” vertel Brian laggend.
Die melk het hulle aanvanklik aan Cape Milk Products verkoop.“ Hulle het vir ons’ n groot tenk op die plaas kom sit en die melk daar kom tap. Toe die maatskappy later toegemaak het, het ons die melk aan mense in die omgewing begin verkoop wat onder meer kaas gemaak het.”
2. Noordhoek is baie gewild onder perdeeienaars. Die Noordhoekstrand is een van die min strande waar ruiters en hul perde toegang het.