Avondrustvlei by Noordhoek, aan die voet van Chapman’ s Peak, lê soos’ n groen oase met vleilande en welige kweekgras voor mens wanneer jy die grondpad deur die woonbuurt volg. Dit voel amper asof dit is waar Noordhoek doodloop.’ n Mens kan selfs die see hoor— net’ n klipgooi weg.
Op hierdie pragtige stukkie grond van 31 ha sal jy Brian Docke en sy vrou, Louise, vind. Hulle het in 1975 begin om die plaas te huur.
Brian vertel hulle het as jonggetroudes op die plaas aangekom met groot drome in hul oë.“ Al wat Louise wou doen, was om te boer. Ons het geen geld gehad nie, maar ons was vasbeslote om hier vir onsself’ n lewe te maak. Ek en Louise is baie lief vir diere, en ons het gesien hoe ons’ n klomp diere op dié stuk aarde sou kon aanhou.”
1. Hier is Brian( 83) en Louise Docke( 77) saam met hul honde en perde op Avondrustvlei. Hulle woon al 50 jaar lank op die plaas.