MARKtoe! Oktober 2025 Uitgawe 131 | Page 52

LANDBOU
LANDBOU

In 1983 het die Dockes die plaas gekoop. Hul enigste dogter, Jennifer Honnet, het skoolgegaan in Vishoek en aan Maties gestudeer. Sy is’ n geoktrooieerde rekenmeester en woon saam met haar gesin in Durbanville.

Grootte van groenteboerdery het oor jare afgeneem

Hoewel Brian en Louise vroeër jare ook met groente geboer het, het hulle die aanplantings begin afskaal namate hulle ouer geword het.’ n Groot deel van die plaas se grond lê tans braak, maar hulle plant steeds graag soetmielies, aartappels, botterskorsies, ertjies, patats, tamaties en groen skorsies. Die aartappels en patats word per kilogram verkoop, terwyl die res in los maat verkoop word aan plaaslike besighede wat dit self verpak.

Die grootste gedeelte van hul inkomste kom egter uit die verhuring van grond aan twee persone wat perde van omliggende inwoners daar versorg. Daar is altesaam sowat 60 perde op die plaas.