Die boekhouding van Engelke Blomme se boerdery geskied op’ n baie eenvoudige, maar werkbare manier.
“ Ek verkies om die verskillende blomme se inligting bymekaar te hou om die bestuur daarvan te vergemaklik. Aangesien ons niks uitvoer nie en net plaaslik verkoop, hoef ons nie te sukkel met naspeurbaarheid en rekordhouding op verskillende rekenaarprogramme nie. Dit kos’ n groot klomp geld, en ons kom reg sonder dit,” sê Günther.
Markaandeel en produksiekostes
Dit is natuurlik belangrik om altyd aanpassings te maak soos dit vereis word, maar die Engelkes is bevoorreg om hul produk se mark by hulle te hê.
“ Dit is ons eie mark en net 5 km van die plaas af. Ons hoef nie ons koppe te breek oor vervoer nie en hoef ook nie blomme
11. Gemiddeld sowat 1 000 bossies blomme word daagliks in hierdie tonnels gepluk. Altesaam 40 blomvariëteite word hier aangeplant.