MARKtoe! Oktober 2025 Uitgawe 131 | Page 45

LANDBOU
LANDBOU

hulle deurentyd planne moet maak om slimmer en meer winsgewend te boer— al beteken dit dat daar van sekere moderne tegnologie afstand gedoen moet word.

“ Ongelukkig is daar ander boere in die omgewing wat nie meer winsgewend kon bly nie en toe hul grond moes verhuur of verkoop. Ons was nog gelukkig tot nou. Sommige van die plase is te klein, en die boere kan nie die duur sekuriteitsdienste bekostig nie. Twintig jaar gelede was daar sowat 30 boere in die Philippi-distrik, maar daar is seker net tien oor.

Alle besproeiing in die Philippi-gebied geskied deur die gebruik van boorgate. Hoewel die watervlakke vroeër jare baie hoog was, het die droogte wat sowat agt jaar geduur het, die situasie verander. Goeie reën die afgelope twee winters het darem daartoe bygedra dat die vlakke weer kon styg,” aldus Günther.

“ Op hierdie grond in Philippi word dwarsdeur die jaar geboer en drie tot vier oeste per jaar afgehaal. Ten einde te voorkom dat die grond uitgeput word, moet ons kompos, kunsmis en kraalmis in die grond sit.