is te veel in die mark, en die weersomstandighede en grond is ook nie geskik nie.
“ Philippi se klimaat is gematig, met geen ekstreme temperatuur-kommelings nie. Ons het nie verhitting of verkoeling nodig nie. Ons kon fancy raak, maar ons verkies om alles eenvoudig te hou.”
Diefstal raak al hoe erger
’ n Ander geweldige groot probleem is diefstal.“ Ons moes ons hele produksiestelsel verander en sover moontlik wegdoen met die gebruik van elektrisiteit. Ons was genoodsaak om al die kragkabels te verwyder. Byna al wat nog met elektrisiteit werk, is die krisante wat buite seisoen ekstra lig kry. Sowat 2 ha tonnels met beligting se kabels is in 2013 gesteel, en hulle het toe besluit om weg te doen met al die elektriese kabels.
“ Ons moes dus aanpassings maak wat die beligting betref; anders moet jy ophou krisante kweek. Daar is ligte in ses tonnels wat een persoon saans oppas. Die werker sit die kabels en ligte met die hand op en moet dit dan vyf uur later weer afhaal, oprol en bêre.
“ Vroeër jare kon ons’ n tydmeter aansit en die krisante in die somer met donker doeke toemaak deur net’ n skakelaar te druk, maar ons was genoodsaak om ander planne te maak. Nadat diewe iets gesteel of gebreek